Nagmaalwyn se reis na die harte van wynliefhebbers

  • Monday, 05 March 2018
  • Page Views: 40030

Daar is seker al duisende woorde geskryf oor wyn. Honderde boeke het al die lig gesien oor wyn- waarvan die meerderheid  in  twee kategorieë val; n koffie tafel boek met asemrowend mooi-Photoshop- fotos en die meer ernstige boeke- leer ken jou wyne, die geskiedenis van wyn, wynwaardering en die gewildste van almal- hoe om wyn te proe.

nagmaal 1

Erens tussen al hierdie woorde, het ons vergeet dat wyn gemaak is vir plesier, om onthou tye saam met familie en vriende te geniet, om die oomblik te vier sodat die herhinneringe  jou kop nooit weer sal verlaat nie!

 Daar is net een fundamentele rede om wyn te drink en dit is vir die suiwer genot daarvan. Wyn is prettig en die drink daarvan moet n prettige ervaring wees.Om wyn te drink om mense te beindruk of om jou kultiveerdheid te bewys gaan veroorsaak wees dat  jy gaan uitmis op een van die lewe se fynere plesiertjies.

nagmaal 3

Natuurlik is daar meer as een vlak van genot. Twee mense wat  na ? Botticelli skildery  van Birth of Venus kyk sal dit albei waardeer , hoewel moontlik nie op dieselfde vlak nie. Die een mag dalk fluit en dink: ”Jinne sy is goed bedeeld” terwyl die ander heel in vervoering gaan raak oor die  kreatiewe gebruik van kleur en lig.  Wie kry die meeste genot uit die skildery?

 Ten spyte van wat die plegstatiges ons wil vertel is daar niks misteriues omtrent wyn nie. Die groot verskeidenheid van wyn varitiete is moontlik die hoof rede vir die wereld se  belangstelling in wyn. Met so baie soorte, moet daar derhalwe ? wynsoort wees vir elke palet.

Nog n wynfeitjie is dat daar in Suid Afrika alleen meer as 3000 lokaal veboude wyn variteite van hierdie veelsydige voggie is en dan verskil elkeen boonop ook nog van oesjaar tot oesjaar!

nagmaal 2

 Wanneer jy  reis deur die wereld van wyn waar die oorgelewerde stories van wyn basies verklaar word en waar daar n paar sedelessies skuil in die samesyn van goeie vriende wat kuier oor n  bottel wyn, is jy oppad na n bestemming sonder n einde.

 

 

Activities & Adventures in South Africa