Join our Social Community

-----------

Die verskil tussen rooi wyn en wit wyn.

  • Thursday, 18 January 2018
  • Page Views: 44324

Die verskil tussen rooi en wit wyne is baie meer gekompliseerd as net die keuse van druiwe en die kleur. Hier is n paar interressante feite omtrent die regte verskil tussen die twee wyn soorte. 

rooi wyn vs wit wyn 2

 Verskillende druiwe soorte

Baie vereenvoudig, word dit algemeen aanvaar dat rooi wyn gemaak word van rooi druiwe (Pinot Noir, Cabernet Sauvignon, Merlot) en wit wyn van wit druiwe (Chardonnay, Chenin Blanc, Sauvignon Blanc).

Interressant genoeg is dat byna alle druiwe wat ons ken oorspronklik van een druif soort, Vitis vinifera afstam. Mense wat wyn bestudeer beweer dat die eerste druiwe n swart druif was (rooi druiwe) en dat wit druiwe die gevolg is van n natuurlike mutasie.

rooi wit bottels

Gemaak van die verskillende dele van die druif

Die druiwe word gepluk in die wingerd en dan na die kelders geneem waar die wyn gemaak word. Die wynmaak prosesse van van rooiwn en wit wyn verskil.

Een van die bealngrikste verskilles is dat rooi wyn saam met die druiwe doppe en pitte gis en wit wyn word gemaak sonder die druiwedoppe en pitte. Dit is omdat al die kleur in rooi wyn verkry word van die druiwedoppe en die druiwe pitte.

Daar is wel n paar uitsonderings wat hierdie stelling nie die volle waarheid maak nie en die verskil is baie duidelik wanneer jy die wyn proe. Daar is byvoorbeeld n vonkelwyn “Blanc de Noir” of “wit van rooi” wat net soos wit wyn gemaak word net soos n wit wyn lyk. Nog n voorbeeld is Wit Pinot Noir.

rooi wit tenks

Gemaak met verskillende wyn maak metodes.

Wyn liefhebbers wat hou van rooi wyn kies dit vir die vir die sagte, ryk, fluweel smaak en die wit wyn liefhebbers hou weer van die lekker steek in die mond en die geurige blom en  vrugte aromas. Om hierdie verskillende resultate in n wyn te kry, moet die wynmaker twee verskillende wynmaak metodes gebruik.

Die grootste verskil tussen die maak van  rooi wyn en n wit wyn is  oksidasie. Dit is wanneer die wyn in aanraking kom met suurstof. Tydens die oksidasie proses verruil die wyn sy pikante blom en vrugte geure vir ryker, meer komplekse geure wat sagter op die tong proe. Hout vate  haal asem en omdat dit suurstof inlaat is dit n gewilde keuse wanneer wynmakers hulle die wyn verder wil laat geoksideer.

Wanneer die wynmaker oksidaie wil verminder word vlekvrye staal tenk gebruik om die wyn te verouder. Die vrugte en blom geure word sodoende behou.

 Grafika: Winefolly

 

 

Activities & Adventures in South Africa